top of page
Transparent - Logo Landscape_edited.png

ONS PRODUKTE

Ons kudde bestaan uit Dormer-ooie wat met Ile de France-ramme gekruis word.

 

Hierdie kombinasie is doelbewus gekies om die beste eienskappe van beide rasse te verenig.

Die Dormer is bekend vir sy uitstekende moederlike eienskappe, vrugbaarheid en aanpasbaarheid, terwyl die Ile de France uitstaan vir sy vinnige groei, goeie bespiering en besonderse vleiskwaliteit.

Dit is ook waar ons naam gebore is – Dor van Dormer en Fa van France.

Ons produkte is die eindresultaat van alles waarvoor Dorfa staan: geloof, passie, harde werk en 'n onwrikbare verbintenis tot kwaliteit. 

 

Elke lam wat ons lewer, dra die belofte van die standaarde waarvolgens ons boer en die trots wat ons in ons werk plaas.

AFGELEWER

Landswye Aflewering tot by jou voordeur!

OPGESNY EN VERPAK

Opgesny en Verpak volgens jou voorkeure en gespesifiseerde snitte.

GRATIS Vakuum Verpakking

HORMOONVRY

 

100% Natuurlike en Hormoonvrye Lammers

Half Lam
R 135 / kg

Uitslag Gewig: 13 - 18 kg

Heel Lam
R 130 / kg

Uitslag Gewig: 20 - 26 kg

PRYSLYS

bottom of page