top of page
Transparent - Logo Landscape_edited.png
Cover Photo Long Background.png

"BLÊRRRIE" LEKKER!

By Dorfa glo ons in meer as net goeie vleis!

Gegrond in Genade • Gedryf deur Passie • Gevorm deur Kwaliteit

WIE ONS IS 

MEER AS NET GOEIE VLEIS.

DIS ONS STORIE, ONS WAARDES EN ONS GELOOF!

By Dorfa glo ons dat goeie vleis by baie meer begin as net smaak. Dit begin by die passie waarmee ons boer, die liefde waarmee ons ons lammers groot maak, die trots wat ons in elke aflewering plaas en die geloof wat ons deur elke stap van die proses dra.

​

Elke lam wat ons lewer, is die resultaat van harde werk, toewyding en die genade wat ons elke dag op die plaas ervaar.

DIE DORFA-HART

GEGROND IN GENADE

GEDRYF DEUR PASSIE

GEVORM DEUR KWALITEIT

God se genade is waar alles begin het en die rede waarom ons vandag kan terugkyk op 'n pad van groei, seën en geleenthede wat groter was as wat ons ooit kon droom.

Die passie vir boerdery, die liefde vir ons diere en die dankbaarheid vir die geleentheid om elke dag te doen waarvoor ons lief is, vorm die hart van Dorfa.

Kwaliteit is nie iets wat toevallig gebeur nie. Dit is die resultaat van harde werk toewyding en die daaglikse besluit om dinge reg te doen - selfs wanneer niemand kyk nie.

ONS PRODUKTE

"DIT IS DIE BESTE SAGSTE LAM WAT EK AL OOIT GEPROE HET." - TEVREDE DORFA KLIËNT

Ons kudde bestaan uit Dormer-ooie wat met Ile de France-ramme gekruis word - 'n kombinasie wat uitstaan die uitstekende vleiskwaliteit en besonderse sappigheid.

BESTEL JOU LAM!

Ons kan nie wag om jou en jou familie by die Dorfa-ervaring te verwelkom nie.

bottom of page